Kurrikulêr


Om `n Hoërskool te kies is een van die belangrikste besluite wat `n ouer en leerder moet maak. Sy/haar rol in die arbeibsmark gaan deur `n skoolkeuse bepaal word. Tegniese Onderwys maak deure in die arbeidsmark oop.

Tegnologiese skole(soos H.T.S. Pretoria-Tuine) is beslis akademies van aard - trouens Wiskunde en Fisiewetenskappe is tans verpligte vakke. Aan die einde van 5 jaar akademiese onderrig en praktiese opleiding in die ingenieurs-, vervaardigings- en tegnologie-studievelde is daar meer keuses en geleenthede vir leerders van `n Tegniese Hoërskool.

Tegniese onderwys is die paspoort tot sukses in `n veranderende Suid-Afrika. Aangesien die Tegniese Studierigting gespesialiseerd is, beskik H.T.S. Pretoria-Tuine oor vakspesialiste en doelmatige toerusting wat `n waarborg vir hoëvlak onderrig en opleiding verseker.

Tegnologie en Ingenieursgrafieka en -Ontwerp (Tegniese Tekene) word hier in Graad 8 en 9 op so `n hoë vlak aangebied dat leerders `n besliste voorsprong het bo leerders in die nie-Tegniese Hoërskole. Die gevolg van bogenoemde is dat u kind meer gespesialiseerde en uitgebreide onderrig en opleiding ontvang, sodat die oorgang na die gespesialiseerde ingenieurs-rigtings wat vanaf Graad 10 geneem word, gemaklik geskied.


Graad 8 en 9 - Uitkoms Gebaseerde Onderrig (UGO)
  1. Verpligte Leerareas
    • Taal Geletterdheid en Kommunikasie:
      • Afrikaans Primêre Taal
      • Engels Addisionele Taal
    • Wiskundige Geletterdheid, Wiskunde en Wiskundige Wetenskappe
    • Natuurwetenskappe
    • Menslike - en Sosiale Wetenskappe
    • Ekonomiese - en Bestuurs Wetenskappe
    • Tegnologie: (Meganies, Elektries, Siviel, Grafiese Ontwerp en Kommunikasie)
    • Kuns en Kultuur
    • Lewensoriëntering
  2. Verrykingsvakke
    • Rekenaarvaardigheid
    • Bybelonderrig

Graad 10, 11 en 12 - Verdere Onderwys en Opleiding (V.O.O)
  1. Verpligte vakke (4)
    • Afrikaans Huistaal
    • Engels Addisionele Taal
    • Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid
    • Lewensoriëntering
  2. Keuse vakke (1)
    • Elektroniese Tegnologie
    • Meganiese Tegnologie
    • Siviele Tegnologie
  3. Vakke aangebied (2)
    • Ingenieursgrafika-en Ontwerp
    • Fisiesewetenskappe
  4. Vak na-uurs aangebied
    • Rekenaar Toepassingstegnologie
  5. Verrykingsvakke
    • Bybelonderrig
Let Wel:
  1. `n Leerder neem dus 7 vakke
  2. By `n Tegniese Hoërskool is een van die Tegnologie vakke (Ingenieursvakke) verpligtend.
  3. Hoërskole in ons onmiddelike omgewing mag volgens Departementele voorskrifte nie tegnologie vakke (ii) aanbied nie.

AKADEMIESE VERRYKING Graad 8 - 12
  • Olimpiades in die volgende vakke:
    • Afrikaans
    • Geskiedenis
    • Rekenaars
    • Tegnologie
    • Wêreldkennis
    • Wetenskap
    • Wiskunde
  • Tweetaligheidseksamen (Afrikaans en Engels)

 

 
Make a Free Website with Yola.